After a few years of planning...we (at last) went on our Road Trip!! That is now Jolandi, Charl and myself. It was the greatest fun I had in a long time. Since I'm in a travel agency, I planned our trip from beginning to end and added a few extras!!!
Ons het vertrek van Wellington en het 'n paar aande spandeer in Oudtshoorn. Daar was ons by Buffelsdrift, 'n pragtige lodge. Ons het die "elephant feeding " gedoen waar klein groepies mense interaksie met ongeveer drie olifante het. Wat 'n ervaring om hierdie kollossale dier van naby te beskou,...en nog kleiner te voel! Ons was natuurlik by die Kango grotte, het Safari Volstruis plaas besoek. Vandaar het ons 'n aand spandeer in die luukse Plettenberg Bay Game Reserve....al wat ek kan se is WOW. Die fotos sal dit nooit regverdig nie. Dit was 'n ongelooflike ervaring toe ek die oggend vroeg op die balkon uitkom en in die mistigheid 'n paar meter voor my staan 'n paar bokke en wei. Pragtig. Ons het ook op die Outeniqua Choo Choo gery. Was vir my 'n bietjie vreesaanjaend. Ons kon ongelukkig nie op die stoomtrein ry nie, brandgevaar, en moes 'n gewone wa gebruik. So dit het bietjie afbreuk gedoen aan die ervaring , maar nie aan die geesdrif nie. Met die Choo Choo spandeer mens natuurlik tyd in Mosselbaai, Diaz museum wat ek op 'n vorige geleentheid ook al besoek het. Ons het ook in Knysna tyd spandeer...die Birds of Eden is 'n MOET vir enige iemand wat in daardie area is. Dis asof jy binne in Dalene Matthee se boeke is, binne in die bos. Ek sou ure daar kon spandeer!!!
Al die beplanning was definitief die moeite werd.
No comments:
Post a Comment