Hierdie is skilderye wat ek voorheen gedoen het .
Die 'Potte' het ek vir Jolandi gedoen. Dit hang in hul sitkamer en rond die vertrek mooi af.
'Ballerina' is conte sketse wat ek gedoen het baie lank terug. Ek wil dit nou laat raam en vir my vriendin Charlene Theron gee vir haar dogtertjie, Talana, se 2de verjaarsdag.
'Rose' het ek gedoen as verjaardag geskenk vir 'n vriendin van my Suzanne. Ek het al redelik baie rose gedoen as geskenke, en het ook een verkoop.
'Sonneblom vir Fyngoud' Ons kunsklas, wat ek neem by Dalene Buckle, het 'n projek aangepak waar almal skilderye gedoen het vir ouetehuis in Wellington. Dit was 'n groot sukses en ook 'n groot voorreg.
'Basjanskloof' Hierdie olie het ek van 'n foto gedoen. Dit was ons huisie op ons Karoo plaas in die Ceres Karoo.
Die Meisie' houtskool, en my eerste figuur wat ek gedoen het.
No comments:
Post a Comment