So op Saterdag, hou ek my groot partiekie!!
En , soos gewoonlik, tref die grootste hittegolf moontlik ons. Dis W - A - R - M...
onsmaaklik warm, en net iemand wat in Wellington 'n somer beleef het het die vaagste benul waarvan ek nou praat.
So almal was ma redelik lam en tam...nie baie lus om te veel te beweeg nie...baie jammer, want ek was gereed om my nuutste dans moves uit te haal!!! ha ha ha
Ongelukkig kon al my vriende ook nie daar wees nie, maar die wat daar was was vir my belangrik, en dis al wat tel. Op die fotos, die ooms in my lewe! Oom Attie, Oom Herman en my Pa. Afwesig op die foto is Pierre Jean.
Anneke Kriek en Jan, Adriette Benade en Anzunette, Pierre Jean se kids!, sus en Chalie, Caryl, Charlene Celeske en Annalize
No comments:
Post a Comment