If you want something you never had, do something you have never done

If you want something you never had, do something you have never done

Tuesday, February 16, 2010

Nude...


So,...naas "Die Meisie" wat ek in houtskool gedoen het, ek het oor die naweek klaargemaak met my nude....maar helaas, geen full - frontals vir my nie!! ha ha ha!!! Ek beskou hulle maar van agter!! Dit was lekker om hierdie een te doen, en ek wil dit nou laat raam. Ek het voorheen dieselfde foto gebruik en dit toe met Conte gedoen, ek is mal oor Conte, en eintlik is hierdie nude meer in conte as houtskool. Ek is mal oor daai smerigheid van die klei, baie anders as die wollerigheid wat houtskool gee, bietjie meer intensiteit!

My ma het gewonder hoekom die vrou se boude tog so plat lyk....moeder....die dame sit...!! Ek noem hierdie een maar net nude...volgende is 'n man. Siende dat ek nou die torso amper onder die knie gekry het met "300BC", reken ek ek gaan 'n mooi manlike torso probeer in houtskool en kyk wat gebeur!!! o la la!!!

The human body to me just looks fantastic in charcoal. Maybe it's the simplicity of it, in contrast with the amazing human body...maybe it's because I love smudging!! Who knows!

No comments: