Huidiglik is ek nou vir die tweede jaar op die bestuur van die Drakenstein Kuns vereniging. Ons hou 'n werkswinkel een keer 'n maand. Dit kan 'n aanbieding wees, 'n praatjie, of 'n werkswinkel waar jy jou hande kan besig hou!!
Dis altyd 'n uitdaging om nuwe idees vorendag te bring, en die mense se belangstelling te hou, maar tot dusver gaan dit baie goed.
Die eerste byeenkoms vir hierdie jaar het ons gehou vir ons Kalender. Ons beplan om 12 werke van die lede in 'n kalender saam te vat en dit as geskenk vir die lede te gee. Ons het die vorige jaar afgesluit met dieselfde opdrag, maar met al die funksies en vakansie dae kon nie al die lede by ons uitkom nie. Met die dat ons besluit het om almal weer 'n geleentheid te gee. Ek is baie opgewonde om die eindresultaat te sien!!
Hier is 'n skets wat ek die tweede aand gedoen het, maar het op die ou end besluit om eerder die eerste pogin te gebruik. Ek het ongelukkig nie 'n foto daarvan nie.
1 comment:
anneke, jy het een van die lekkerste leesblogs, dit is soos om jouself te verloor in 'n ander ou se wereld.
Post a Comment