Dit voel soos verewig dat ek laas aktief op my blog gewerk het, en dit is omtrent. Nege maande om presies te wees, en ek wonder waar die tyd heen gevlieg het. Ek het my besig gehou met waterverf intussen en ek is mal daaroor. Ek het nog soveel om te leer, en ek toets en verf en dit raak darem beter. My pogings begin na iets te lyk. My fotos is nie waffers nie. Ek sukkel nog met die flash en die glas in die raam, daar is alewig 'n dofheid, 'n groot ligkol....maar ek sal dit nog betermaak.
Hierdie fotos moet eenvoudig solank gelaai word vir my vriendin Christina.....anders gaan ek Maandag les opsê want ekt belowe om dit te laai!! Ek het dit uiteindelik geraam ook nadat ek 'n baie bekostigbare omie ontdek het... So hier is 'n paar geraamde pogings....nog nie finaal nie, en ek sal nog beter fotos neem, hierdie keer in daglig.
1 comment:
Anneke - dit is baie mooi. Ek hou ook so van jou rame. Is dit al in die winkel?
Post a Comment