Ek het hierdie Sondag na
Jakhalsdans met
Theuns Jordaan gaan kyk. Dit was my en sus se moedersdag geskenk (moeder was vreeslik opgewonde!!!) , en mensig , ek het dit so geniet.
Wie sou kon dink Suid Afrikaners kan 'n skoon ordentlike Afrikaanse fliek maak???
Wel dit is. Geen vloekwoorde.....geen kras uitlatings, en simpel grappies nie. Net 'n mooi storie...in Afrikaans. En nie Afrikaans waaraan ons nou al gewoond geraak het soos byvoorbeeld een sanger wat ek nou die dag gehoor het......"hierdie is 'n eg Afrikaanse liedjie.....Baby Baby , ek laaik jou ...." ens. ens.
Jip, dis eg Afrikaans...ek kan hoor ja....
So ja, ek gaan die dvd koop....!
En terwyl ek nou na my liedjies van my blog luister....sal Theuns Jordaan nie "Tougher than the rest" uitstekend sing nie??
Sjoe...