If you want something you never had, do something you have never done

If you want something you never had, do something you have never done

Wednesday, January 27, 2010

Ek en my suster Jolandi




Jolandi is vir seker my beste vriendin. Dit is net ons twee en ek weet sy is altyd net 'n sms of oproep ver. Sy is wel jonger as ek, maar ek reken baie meer in beheer!!!
Ek is ongelooflik lief vir haar. Sy het ook 'n hondjie, Dirkie, 'n Schnauzer terrier...opreg natuurlik!! Haar geliefde is Chalie..

Alexa




Alexa is gebore 20 Julie 2009 en sy is my hart se punt. Ek wou al hoe lank 'n hondjie hê, maar ek was nog nie regtig ingerig vir een nie. Maar verlede jaar het ek die groot besluit geneem, en ek was nie vir een oomblik spyt nie.
Sy is 'n regte basterbrakkie. Haar ma is 'n opregte Wire haired Fox terrier, en haar pa is die mix in die verhaal.....Bluetick X wire haired Jack Russel....no comment!
Ekt haar gekry op ongeveer 4 weke, saam met haar sussie Krulle, wat my ma hulle se hondjie is. Alexa het 'n two-face, swart een kant, wit ander kant.

Tuesday, January 26, 2010

300BC


My eerste inskrywing!!!


En dit is alles te danke aan my baie goeie vriendin Cristina Vosloo, wat ook haar eie blog begin het 'n ruk terug....Foxtina's lair...




So nou sit ek en dink, wat presies se mens nou op 'n blog... die idee is dat ek fotos, onder andere , van my skilderye opsit. So miskien moet ek begin by die laaste skildery wat ek klaargemaak het. Dit is verkoop aan my vriendin, Yolanda Barkhuizen, en dit was 'n vreeslike uitdaging...Sy het vir my 'n prentjie gebring van 'n soldaat...en ek het gesê, jong, laat ek eers oor hierdie een dink...Maar die man het op my gegroei, en ek het besluit ek gaan hom tackle. En die eindresultaat het my verbaas, baie verbaas. Ek was tevrede en ek kon nie wag om dit vir haar te neem nie. So ek sit 'n prentjie by... Ek noem hierdie skildery 300BC




Hierdie is die begin van groot dinge!!!!